

GIDEON SE TWISTERS
Ons het die twisters gemaak vir ‘n middag oudurfie – Was baaaie lekker.
2 velle skilferkorsdeeg
genoeg chillie sous om die een vel mee te smeer
1 koppie gerasperde Chedder kaas
1 koppie gerasperde mature Cheddar kaas
1 bakkie roomkaas salm geur
Rol die een vel deeg op ‘n meeloppervlak effens uit sodat dit nog altyd reghoekig bly.
Smeer die hele deeg vel met die chilliesous.
Meng die kase en strooi oor die sous.
Rol of druk die kaas effens plat.
Rol die ander vel deeg sodat dit net so groot is as die eerste een en smeer dit met die roomkaas.
Plaas dan die vel met roomkaas bo op die vel met die ander kase sodat die kase teenmekaar is.
Rol effens met ‘n roller plat.
Sny nou omtrent 20 tot 25 mm breë stroke, ek het sommer my pizza snyer gebruik.
Druk die punte effens vas en rol die punte versigtig in die teenoorgestelde kante.
Pak dit dan in ‘n oondpan wat uitgevoer is met bakpapier.
Bak vir 20 min op 200 ºC in ‘n voorverhitte oond of tot mooi goudbruin en gaar.
Bedien saam met ‘n dip van jou keuse.
Resep en foto: Gideon Louw






