

AMANDA SE GEMMERSOUSPOEDING
60 ml sagte donkerbruin suiker
60 ml gesmelte botter
1 eier, geklits
5 ml vanielje
125 g dadels, gekap
250 ml bruismeel
¼ teelepel sout
10 ml poeiergemmer
2,5 ml gemengde speserye
5 ml fyn kaneel
SOUS
125 ml sagte donkerbruin suiker
250 ml water
15 ml botter
Voorverhit oond tot 170ºC.
Smeer ‘n 20 cm oondbak met botter.
Klits die suiker en botter tot romerig.
Voeg die eier en vanielje by en klits.
Vou die dadels in.
Sif die bruismeel, sout, poeiergemmer, speserye en kaneel oor die botter mengsel en klits.
Giet die beslag in die voorbereide oondbak en maak liggies gelyk bo-op.
Sous:
Verhit al die bestanddele saam in ‘n pot en roer tot gesmelt.
Giet dié sous oor dié poedingbeslag en bak 45-50 min. Of tot die poeding gaar is.
(As die poeding te vinnig bruin word, bedek met foelie en bak nog.
Sit die poeding warm voor met vanielje roomys of vanielje vla.
Foto: Amanda Conradie






