

YSBAKKIE VINGER PASTEITJIES
1 rol gekoopte blaardeeg, deel in twee stoke.
Vulsel van jou keuse, ek het maalvleis en fyn gekookte hoender borsies gebruik.
Strooi meel op ysbakkie, skud meel uit, plaas uitgerolde deeg op hele ysbakkie druk ‘n holte in elke gaatjie. Sit vulsel in en druk die vulsel met vingers om gaatjies goed te vul, Verf met geklitste eier om elke vulsel en al langs die kante. Plaas 2de uitgerolde deeg bo oor. Druk goed vas en keer om op meelbestrooide oppervlak.
Sny eers oortollige deeg om die kante af en sny dan in aparte blokkies. Verf met geklitste eier, pak uit op gesmeerde bak plaat en bak 180°C so 30 min tot ligbruin bo. Bedien warm met lekker doopsousie van jou keuse – ek het sweet chillie sous gebruik.
Resep geplaas deur Geane Jacobs
Foto: Geane Jacobs






