

JOHAN SE BRAAIVLEIS BROOD
Ek het gisteraand hierdie brood gebak en hy gaan lekker saam met ‘n braai.
5 koppies meel
3 koppies water
2 teelepels sout
4 eetlepels vet of botter
3 eetlepels Bovril
1 koppie gerasperde kaas
4 halwe gedroogde tamaties, gekerf
4 eetlepel gerasperde ui
2 teelepels kitsgis
2 teelepels suiker
kwart teelepel fyn gemmer
1 koppie gaar koring
Voeg die kitsgis, gemmer en suiker in ‘n bakkie, vroeg 1 koppie louwarm water by en roer tot suiker oplos, laat staan dat dit so ‘n hoë skuimbol rys.
Meng die ander bestanddele saam, voeg die kitsgismengsel en 2 koppies water by, knie baie goed en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Knie die deeg weer af, plaas die deeg in die pan en laat weer rys.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Johan Coetzee






