

KAPOKAARTAPPELGEREG
6 aartappels, gekook en fyngemaak
1 koppie suurroom
1 houer roomkaas
½ koppie melk
1 teelepel sout
1 teelepel fyn knoffel
2 teelepels pietersielie
1 koppie gerasperde kaas
250 g gaar spek (bacon) stukkies
Room alles behalwe spek (bacon) en kaas saam.
Plaas in oondvaste bak.
Strooi kaas en spek (bacon) oor.
Bak teen 180°C vir 30 min.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw







Elna Erasmus
Ek het hierdie kapokaartappelgereg van GideonLouw, gisteraand vir ons gemaak en saam met ‘n avo salsa bedien. Dit is voorwaar ‘n wenner.
Sankie Ferreira
Hmmmmmmm gemaak…. en as die bak nie van glas was nie… dit ook sommer opge-eet… dit is lekkerrrrrrr