KAPOKAARTAPPELGEREG

KAPOKAARTAPPELGEREG
6 aartappels, gekook en fyngemaak
1 koppie suurroom
1 houer roomkaas
½ koppie melk
1 teelepel sout
1 teelepel fyn knoffel
2 teelepels pietersielie
1 koppie gerasperde kaas
250 g gaar spek (bacon) stukkies
Room alles behalwe spek (bacon) en kaas saam.
Plaas in oondvaste bak.
Strooi kaas en spek (bacon) oor.
Bak teen 180°C vir 30 min.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw