

BEATRICE SE BULLY BEEF HAPPIES
Gooi blikkie soutvleis, blikkie suikermielies en roereier deurmekaar in braaipan en maak gaar. Kan ook uie of blikkie uiesmoor bygooi. Eet op pap of brood. Kitssouthappie!
1 blikkie soutvleis
15 ml Royal bakpoeier
2 eiers, melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm
500 ml meelblom
sout
olie
gekapte pietersielie
Continue reading
Category Archives: Vingerhappies / Snacks
DEEGWIELE
DEEGWIELE
1 Rol Blaardeeg
Sweet chilli sous / appelkooskonfyt / chutney
Gerasperde kaas
Rol blaardeeg af en as dut tuisgemaak is rol dit uit,
Smeer met sweet chille sous OF appelkooskonfyt OF Chutney oor die hele vel
Strooi gerasperde kaas van jou keuse oor.
Rol op soos ‘n rolkoek
Sit so 10 min in vrieskas.
Sny snytjies (wielietjies) en bak by 180º C vir so 30 min
Nota: Jy kan ook tuna met bietjie gerasperde ui en sout, peper en kruie van jou keuse op die deeg is.
Bron: Annelize Dorfling Du Plessis
EXTRA HOT CHILIE BYTES
Ek gebruik nie mates nie, net my gevoel, hoeveelheid van chilie bytes hang af van hoeveelheid v bestandele, vir so 25 grootes gebruik ek 12 gehoopte eetlepels bruismeel, 4 leng groen rissies dun opgesny, kwart telepel cumin, kwart telepel rooipeper 120 gram grof gekapte spinasie en sout na smaak. Meng als saam in bak, voeg water biedjie vir biedjie by tot beslag dik maar loperig is. Diep braai telepels vol in n pot tot goudbruin aan albei kante en sit op kombuis papier om oortollige olie te verwyder.
BRON- Eugene Andrew Ferreira
GEROOSTERDE KEKKERERTJIES



GEROOSTERDE KEKKERERTJIES
Roasted chickpeas is vir my baie lekker. Maak hulle droog.
2 koppies kekkerertjies
1 T olie
bietjie paprika
sout
knoffel poeier
chilli flakes
en bak in die oond tot bruin en crispy. So halfuur op 180 grade C.
Lara Maria Botha
AVO EN SPEK HAPPIES
Was baie besig vandag, het gou die proetjie gemaak. Die resep op die Internet gekry. Dit is net avo in skyfies gesny, toegdraai in spek en gerooster in die oond vir omtrent agt min. ek het dit gedrizzel met bietjie avo olie en rissievlokkies en vars gesnyde basielie blare. Lekker!
Martie Fourie Moolman
AVO EN SALM VORM
Avocado Mousse op Sweet Chilli Doritos.
Ek meet nie, maar doen so volgens smaak. Maak avo fyn en voeg suurlemoensap by. Geur met sout en growwe swart peper. Voeg bietjie suurrroom by na smaak en voeg bietjie chives by. Blits dit nou tot alles glad en en sit in ‘n versierbuis. Maak nou rosies op Doritos Sweet Chillie Tortilla Chips en sit stukkie peppedew bo op.
BRON- Leanne Thurston Coetzer
AVOKADO EN BILTONG BALLETJIES
En nou my gunsteling!!!! Vrek lekker!!!!! Avokado en Biltong Balletjies. Maak ‘n avo fyn. Kap bietjie ui baie fyn en voeg by. Ek het nou Simonsberg se Spring Onion en Chives bygesit. Vir tekstuur het ek fyn gerasperde kaas, Spring Onion Kips fyngemaak asook fyn biltong ingesit. Sit bietjie suurlemoensap in en geur met sout en growwe swart peper. Rol balletjies en rol dan in fyn biltong. Ongelooflik lekker!!!
BRON- Leanne Thurston Coetzer
GUACAMOLE SNACK PLATTER
GUACAMOLE SNACK PLATTER
2 ryp avokados, in blokkies
1 rooi ui, fyn gesny
1 tamatie klein blokkies
groen / rooi / geel / oranje soetrissie blokkies
2 toontjies knoffel, baie fyn gesny
sout en peper
suurlemoensap Continue reading
SJOKOLADE BALLETJIES


SJOKOLADE BALLETJIES
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
125 g margarien
125 ml appelkooskonfyt
1 Pakkie Marie beskuitjies fyn gebreek
5 ml likeur (jou keuse) of Old Brown sherry, partykeer gly my hand!!! Lol!!
Meng alles saam en rol in balletjies en rol dan in klapper of vermicilli. Opsioneel kan jy kersie of neut binne in sit. Ek so pas 100 gemaak vir ‘n 60ste. Dit word nou gevries en Saterdag uitgehaal. Indien dit gemaak word vir dadelik gebruik, hou dan in yskas tot jy dit bedien. Ek maak dit al 29 jaar.
FOTO- Elmarie Snyman









