

SJOKOLADE BALLETJIES
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
125 g margarien
125 ml appelkooskonfyt
1 Pakkie Marie beskuitjies fyn gebreek
5 ml likeur (jou keuse) of Old Brown sherry, partykeer gly my hand!!! Lol!!
Meng alles saam en rol in balletjies en rol dan in klapper of vermicilli. Opsioneel kan jy kersie of neut binne in sit. Ek so pas 100 gemaak vir ‘n 60ste. Dit word nou gevries en Saterdag uitgehaal. Indien dit gemaak word vir dadelik gebruik, hou dan in yskas tot jy dit bedien. Ek maak dit al 29 jaar.
FOTO- Elmarie Snyman






