TUISGEMAAKTE MUESLI
750 ml hawermout;
160 ml gekapte neute;
125 ml klapper;
60 ml sonneblomsaad;
3ml sout…..MENG. Continue reading
TUISGEMAAKTE MUESLI
750 ml hawermout;
160 ml gekapte neute;
125 ml klapper;
60 ml sonneblomsaad;
3ml sout…..MENG. Continue reading→


GRANADILLA CURD
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml suiker
125 ml botter gesmelt
3 jumbo eiers
¼ koppie vars suurlemoensap
¾ koppie granadilla sap/pulp (so 10 granadillas)
Voeg alles in glasbeker bymekaar en klits goed.
In mikrogolf by hoog vir 15 sekondes en klits goed.
Mikro vir 3 – 4 min en klits na elke 30 sekondes tot dik.
Dit word stywer as dit afkoel.
Tip : Giet pulp deur ‘n sif en forseer alles deur, krap onderkant af. Skep bietjie van die pitjies terug by die pulp vir die mooi.
Heerlik in flans met room, pavlova, pannekoek , cupcakes, koek en wortelkoek, was ‘n wenner by lemoenpoeding.
Ek maak myne in dubbelkoker op stoof, nie mikrogolf nie.


TUISGEMAAKTE SPEK CROUTONS
Hier is ‘n besparings proses. Dit behels ‘n oond wat reeds warm is, bacon en brood wat nie meer vars is nie.
Sny brood in vingers of blokkies.
Gooi op oondpan, bedek met repe bacon.
Bak tot dit is hoe jy van jou bacon hou.
Die bacon vet drup deur op die brood en jy eindig met geurige brood croutons, bacon wat nie in die vet swem nie.
Ek maak ‘n groot klomp so gaar en vries dan in pakkies vir latere gebruik. Wat is nou nie lekker met ‘n bacon geurtjie nie?!
Idee en Foto: Petro Borchard


MAASKAAS – ROOMKAAS
Koop ‘n bottel AMAZI, sit 4 nappy liners of kaasdoek in ‘n sif oor ‘n bak Giet die amazi in.
Laat staan oornag – selfs tot 2 dae – sodat vloeistof kan skei van mekaar.
Gooi die water gedeelte weg. Die maas wat bo op die liners lê kan jy gebruik vir maaskaas.
Geur soos verkies.
Goeie raad is om bietjie sout in die amazi te sit aan die begin van die proses.
Bron: Anina Jeannette Smith
TUISGEMAAKTE LASAGNE VELLE
2 koppies koekmeel
3 Eiers
2 teelepels olie (olyf of sonneblom)
Sit die bestanddele in ‘n mengbak met die deeghoek aan.
Meng tot stywe deeg en knie tot dit ‘n bal vorm
Draai in kleefplastiek toe en bere in yskas tot gebruik.
Verdeel die deeg in 3 gelyke dele en rol velle pasta uit
Moet dit nie te dun rol nie.
Strooi meel oor voor jy dit oormekaar lê sodat dit nie aanmekaar kleef nie (vir bêre)
Lewer 6 porsies pastavelle.
Bron: Amanda Struwig,
Foto: Sanet Eloff
MAKE YOUR OWN ICING SUGAR – 1 CUP
To make one cup of icing sugar you’ll need:
1 cup of granulated white sugar
1 tablespoon of cornstarch
A blender
Place the sugar in the blender, then pulse until the sugar turns to very fine powder. Don’t just put the blender on high and leave it for a minute as the heat generated by the blender blades can burn the sugar. Pulsing for a few seconds, then checking the sugar, then pulsing again will prevent the sugar from becoming overheated. Continue reading→
HOE OM SUURROOM TE MAAK
Tuisgemaakte Suur room:
Ek verhit my room ‘n klein bietjie wanneer dit koud is, maar nooit hoeer as 40°Celsius nie. Deur die somer laat ek die room net buite die yskas staan by kamer temperatuur vir ‘n uur. Dit is altyd 1 gedeelte cultured buttermilk met live cultures en 2 gedeeltes dik room (nie ultra gepasturiseerde room nie). Jou houers moet gesteriliseerd wees asook jou lepels voor jy dit gebruik. Meng die room en buttermilk goed saam. Plaas ‘n kaas doekie oor (maak vas om die bakkie / bottel) en los in ‘n warm plekkie vir 12 – 24 uur – hoe langer hoe suurder en dikker. (Ek sit dit gewoonlik bo-op my yskas want dit is die een plek waar dit altyd warm is. Continue reading→


SUIWELVRY KONDENSMELK MET MIELIEBLOM
Ek het gelees dat mense wat ‘n suiwel alergie het ook die vlg resep kan gebuik ipv kondensmelk
40 ml water
80 ml Orley-Whip
160 ml suiker
15 ml mielieblom
200 ml cremora (1 op 3 aangemaak met water)
Knippie sout
2 ml xanthan
5 ml vanilla essense
Continue reading→
1.5 kg bergkaas
1 liter volroom Clover longlife melk
Sny kaas blokkies, kook melk, draai plaat op 1 en voeg kaas by. Roer aanhoudend tot al die kaas heeltemal gesmelt is. Gooi in bottels en bere in yskas sodra afgekoel.
Bron: Suzette De Beer Souwitzsky
NOG ‘N VARIASIE
Martie Willemse
1 kg bergkaas, gerasper
1500 g margarien
1 blik ideal melk
fyn biltongpoeier, opsioneel
Gooi melk in pot, smelt botter stadig. Gooi kaas bietjie vir biejie in, roer aanhoudend tot alles kaas in het en alle kaas gesmelt is, gooi biltongpoeier by, en bottel gou warm. Dit stol vinnig.
JEANETTE SE BOERSEEP
Ek deel dit met graagte!!!
7 x 750ml koue water.
5 Kg uitgebraaide vet.( Beesvet werk vir my die beste) en
1 kg seepsoda.
Gooi eerste die water in n groot erde skottel of kastrol. Voeg dan die seepsoda versigtig by. Ont hou, altyd soda by water en nie andersom nie. Roer met n hout spaan tot soda opgelos is. Voeg dan die vet versigtig by. Hou aan met roer totdat dit soos dikkerige slap pap lyk. Gooi dan uit in bakke wat uitgespoel is met koue water en nie droog gemaak is nie Na so twee ure kan dit gesny word en uitgegooi word. WEES NET VERSIGTIG MET DIE SODA!!!
Foto en resep: Jeanette Grib
You cannot copy content of this page
