


HOE OM SUURROOM TE MAAK
Tuisgemaakte Suur room:
Ek verhit my room ‘n klein bietjie wanneer dit koud is, maar nooit hoeer as 40°Celsius nie. Deur die somer laat ek die room net buite die yskas staan by kamer temperatuur vir ‘n uur. Dit is altyd 1 gedeelte cultured buttermilk met live cultures en 2 gedeeltes dik room (nie ultra gepasturiseerde room nie). Jou houers moet gesteriliseerd wees asook jou lepels voor jy dit gebruik. Meng die room en buttermilk goed saam. Plaas ‘n kaas doekie oor (maak vas om die bakkie / bottel) en los in ‘n warm plekkie vir 12 – 24 uur – hoe langer hoe suurder en dikker. (Ek sit dit gewoonlik bo-op my yskas want dit is die een plek waar dit altyd warm is. Na 24 uur sit jou deksel op en los in die yskas vir nog 24 uur voor jy dit gebruik. Dit hou omtrent ‘n twee weke goed in die yskas. Ek het gevind dat. Alle rome en melk is nie dieselfde nie so dit vat dat jy verskillende brands dalk moet gebruik voordat jy die resultaat bereik waarmee jy 100% tevrede is. Hier is die foto’s van my suur room wat uiteindelik na 48 uur reg is vir gebruik. Dit verdik ook nog meer in die yskas.
Bron: youtube
HOE OM SUURROOM TE MAAK
Neem 1 eetl asyn of 1 eetl suurlemoensap in 1 koppie room – dit maak suurroom
Om vinnig suurroom te maak – neem vars room en voeg ‘n bietjie karringmelk by of suurlemoensap by.
Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.
Homemade Sour Cream
“A lot of cake and cookie recipes call for sour cream which might not be readily available at home. This quick fix tastes exactly like the standard store-bought sour cream and is easy to make.”
¼ cup milk
¾ teaspoon distilled white vinegar
1 cup heavy cream
Combine the milk and vinegar and let stand for 10 minutes. Pour the heavy cream into a jar. Stir in the milk mixture, cover the jar, and let stand at room temperature for 24 hours. Chill before using.
Photos: Lacy Grey (member)