JEANETTE SE BOERSEEP
Ek deel dit met graagte!!!
7 x 750ml koue water.
5 Kg uitgebraaide vet.( Beesvet werk vir my die beste) en
1 kg seepsoda.
Gooi eerste die water in n groot erde skottel of kastrol. Voeg dan die seepsoda versigtig by. Ont hou, altyd soda by water en nie andersom nie. Roer met n hout spaan tot soda opgelos is. Voeg dan die vet versigtig by. Hou aan met roer totdat dit soos dikkerige slap pap lyk. Gooi dan uit in bakke wat uitgespoel is met koue water en nie droog gemaak is nie Na so twee ure kan dit gesny word en uitgegooi word. WEES NET VERSIGTIG MET DIE SODA!!!
Foto en resep: Jeanette Grib








