

SJOKOLADE MAYONAISSE KOEK
Die koek kry mayonaise in in plaas van botter. Ek het vir ń bietjie skop Cocorico in die versiersuiker gesit.
Hier is die volledige resep.
Sif die volgende saam:
2 koppies koekmeel
200 ml kakao
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
¼ teelepel sout
Klits die volgende saam:
4 eiers
400 ml bruinsuiker
5 ml vanilla geursel
Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng.
Meng daarby die volgende:
1 koppie mayonaise
330 ml water
Meng goed, maar moenie oormeng nie.
Skep in voorbereide panne.
Bak in ‘n verhitte oond op 180 ºC van 35-40min.
Versier as dit afgekoel is.
Foto en resep geplaas deur Marinda Cronje Enslin

Ronell Visser Gouws. – Ek het die Mayonnaise Sjokolade Koek resep gebruik vir my Muffins vir more se funksie. Kyk hoe oulik lyk dit. Nog nie versier nie. Wou net wys mens kan klein koekies ook met julle resep bak. Slegs ½ beslag aangemaak en 21 muffins uitgekry. Net 15 minute gebak.
Foto: Ronell Visser Gouws






