KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE of MAALVLEIS
Resep: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, fyngesny
10 ml kerriepoeier
5 ml suiker
15 ml asyn
125 ml appelkooskonfyt
bietjie kaneel, opsioneel
1 knorr hoender of biefblokkie
bietjie Maizena in water opgelos
Meng bestanddele saam in 400 ml kookwater en plaas op die stoof.
Verdik met bietjie maizena.
Skep oor gaar frikkadelle of gaar maalvleis en kook vir paar minute saam.










