SJOKOLADE-KARAMELSOUS
100 g (125 ml/1/2 koppie) suiker
200 ml (4/5 koppie) dik room
100 g donker sjokolade, grof gerasper
1 ml (‘n knippie) sout
3 ml (1/2 teelepel) vanieljegeursel
Skep die suiker in n swaarboompan of-kastrol. VERHIT OOR MATIGE HITTE TOTDAT DIE SUIKER WARM RAAK EN BEGIN SMELT. Gebruik n groot drietandvurk (die een waarmee manlief altyd braai) en roer die suiker totdat al die suiker gesmelt is en dit begin karameliseer. WEES NOU VERSIGTIG.
Trek eerder die pan van die hitte af en hou aan met roer. As jy sien die karamel wil nog nie mooi goudbruin raak nie, plaas weer sowat een minuut lank terug oor die hitte. Verwyder van die hitte en voeg die room by. Die mengsel sal opborrel. Plaas terug op die hitte en roer totdat die karamel in die room opgelos is. Verminder die hitte tot baie laag, voeg die sjokolade en sout by en klop vinnig totdat die sjokolade opgelos en die sous glad en blink is. Geur met vanielje en sit warm of by kamertemperatuur voor oor rum-en-rosyntjie-of vanieljeroomys.







