DURKY SOUS HOENDERSTUKKE
Spur se “buffalo wings” resep.
gewone asyn
fyn knoffel
rooi peper
hoender stukke
olie vir braai
Meng die Durky-sous bestanddele na smaak. Ongeveer 1 koppie asyn, ¼ koppie fyn knoffel en rooi-peper, soveel soos jy kan hanteer (brandsgewys).
Diepbraai die hoender stukke in olie tot krakerig.
Verwyder die hoender uit die olie en doop die stukke direk in die durky sous.
Verhit olie in ‘n pan, soveel olie soos vir vlakbraai en braai die hoenderstukke (wat in die durky sous was) in die vlakolie vir ‘n paar minute en bedien met ekstra sous.
Opsioneel – Dip die hoender weer in die sous en bedien dan.
Resep: Karin Rheeders Pearson
One thought on “DURKY SOUS HOENDERSTUKKE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Done