SALSA DI POMMODORO (pastasous)
1 blik heel tamaties (koop net ‘n goeie maak, die by Fruit & Veg)
1 blikkie tamatiepasta (125g)
handvol vars basillie / of 1 tlp gedroog
1 teelepel Italian Herbs gedroog
1 ui
1 groterige knoffelhuisie (jy kan minder ook gebruik as jy wil)
bietjie olie
Sout en PeperBraai die uie en knoffel saam in olie.
Voeg blikkies tamaties en tamatiepasta by.
Sny/breek basilliekruid in klein stukkies en voeg by.
Voeg Italian Herbs, sout en peper by.
Moenie water byvoeg nie. Die tamaties het genoeg vloeistof.
Kook vir so ‘n halfuur op lae hitte. (Ek is gewoonlik haastig, 5 – 10 min werk vir my net so goed!)
Ek druk net voor opdiening die hele gedoente sommer met my “masher” fyn. Ek hou nogal daarvan as dit nie puree-fyn is nie.
Bedien warm met pasta. (Die sous is genoeg vir 1 pak pasta)
Strooi vars gerasperde pecorino/parmesan of kaas van jou keuse oor.
Lekker eet!
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand







