“WARE JAKOB” TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
4 kg ryp tamaties
1 kg uie
5 groot knoffelhuisies
750 ml asyn
Sny tamaties, uie en knoffel fyn en kook tot sag.
Maak die mengsel fyn in ‘n voedsel verwerker.
Sit dit weer terug in die kastrol en voeg die volgende by:
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel rooipeper
1 teelepel naeltjies
1 teelepel all spice
Kook tot dik genoeg en bottel warm (dit lyk nog te loperig maar aan die kastrol se wand kan jy sien as dit gestol het)
Dis die ware jakob en heerlik ek kry so tussen 15 en 19 bottels tamatiesous afhangende hoe groot die bottels is.
Resep: Marie Jv Rensburg
Foto: Johan Coetzee en Gideon Louw – Variasie van Gideon – dit is baaaaie lekker ek’t net ‘n koppie suiker ekstra bygesit en ook drie klein brandrissies, ek hou van die effense byt daarin. Ek het ook al 1 teelepel neutmuskaat en 2 eetlepels sout eksyta bygevoeg. Proe maar na smaak.
geskuif
Gideon Louw
Ekt nounet my tamatiesous klaar gekook dit is baaaaie lekker ekt net n koppie suiker ekstra bygesit en ook drie klein brandrissies ek hou van die effense byt daarin