KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE of MAALVLEIS

KERRIESOUS VIR FRIKKADELLE of MAALVLEIS
Resep: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, fyngesny
10 ml kerriepoeier
5 ml suiker
15 ml asyn
125 ml appelkooskonfyt
bietjie kaneel, opsioneel
1 knorr hoender of biefblokkie
bietjie Maizena in water opgelos

Meng bestanddele saam in 400 ml kookwater en plaas op die stoof.
Verdik met bietjie maizena.
Skep oor gaar frikkadelle of gaar maalvleis en kook vir paar minute saam.




HOT FUDGE TOPPING

HOT FUDGE TOPPING
dis sous wat jy in bottels kan koop wat jy oor roomys gooi … hier is ‘n resep ook
 1 kop suiker
2 eetlepels kakao
2 eetlepels maizena (mielieblom)
1 kop water

Meng als en kook tot dit dik word, gooi dan 1 eetlpel botter en 1 een teelepel vanilla by, en roer.
Geplaas deur Petra Pretorius



FANCY HOLLANDAISE SAUCE

FANCY HOLLANDAISE SAUCE
2 tablespoons white wine vinegar
2 tablespoons water
1 teaspoon lightly crushed white peppers
4 egg yolks
1 cup unsalted butter
juice of 1/2 lemon
pinch of cayenne pepperStart melting the butter over medium-low heat. The white goo at the top is the milk solids separating. As the milk solids bubble up, skim them off with a spoon until you’re left with the pure butterfat.First mix vinegar, water and peppercorns in a small pot and bring to a bowl. Lower heat and simmer for 1 minute (should be reduced to 2 1/2 tablespoons). Remove it from heat and set aside. Now bring a small pot of water to almost a boil and set a heat proof bowl over it, slip your yolks into it and whisk, whisk, whisk. Whisk your little heart out.

Now, with the egg yolks whisked into submission, remove from heat and whisk in the butter. Then whisk in the cooled vinegar mixture and then the lemon and cayenne.

Now sneak a taste with a crust of bread. The French always say “a crust a bread”, like a soft piece of bread isn’t worthy or something. If your sauce starts to separate, it’s totally a visual thing it will still be amazing, but if you need to fix it (or as The Cook’s Book says “returned to respectability”) by slowly whisking in a fresh egg yolk. Pour over a gently fried egg on an English muffin or biscuit.

Posted by  – Joey Kruger




WITSOUS BÊREMENGSEL SONDER BOTTER

WITSOUS BÊREMENGSEL SONDER BOTTER
700 g (1.750 ml) melkpoeier
1000 ml meelblom
37,5 ml sout
Sif droë bestanddele saam en bêre in lugdigte flesse.

Meng nou:
250 ml bêremengsel met 60 ml koue water
Voeg by 200 ml kookwater.
Laat kook by lae temperatuur. Verdun verder met kookwater na verlangde dikte.
Voeg 100 ml gesmelte botter by vir elke 350 ml bêremengsel wat u gebruik.
Vir kaassous voeg 50 g gerasperde kaas (125 ml) by gaar mengsel.
Geur verder met aangemaakte mosterd en paprika.
Klaar gemaak!!
Maar meng sommer 300 ml water (lou) dadelik met jou 1 koppie bêremengsel en kook op lae hitte of mikrogolf terwyl jy baie gereeld roer. Voeg 1 eetlepel hoogvol botter by en verdun na dikte (proe vir sout).

Resep geplaas deur Rina Kleinhans




“COME BACK” SOUS

comeback sous
“COME BACK” SOUS
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatie sous
¼ koppie chilli sous
1 teelepel mosterd poeier
1 teelepel uie poeier
½ teelepel knoffel poeier
2 teelepels worchestire sous
1 eetlepels growwe swart peper (of na smaak)
¼ teelepel tobasco sous
¼ koppie olyf olie
sap van 1 suurlemoen

Meng alles lekker saam en sit in yskas vir ten minste 3 ure, dan “trou” die geure. Die sous kan so maand in die yskas bewaar word, maar glo my hy vlieg vinniger as die melk van die koffie. Ons eet dit oor alles, dit het begin by die Hoenderburgers wat ek gemaak het, ons het nou al vark en steak en vis saam dit geeet. Sy naam doen hom gestand -comeback sauce
Resep geplaas deur Lizelle Lehman De Jager
Foto: Rina Kleinhans

 




SJOKOLADE-KARAMELSOUS

CHOCOLATE CARAMEL SAUSE

SJOKOLADE-KARAMELSOUS
100 g (125 ml/1/2 koppie) suiker
200 ml (4/5 koppie) dik room
100 g donker sjokolade, grof gerasper
1 ml (‘n knippie) sout
3 ml (1/2 teelepel) vanieljegeursel

Skep die suiker in n swaarboompan of-kastrol. VERHIT OOR MATIGE HITTE TOTDAT DIE SUIKER WARM RAAK EN BEGIN SMELT. Gebruik n groot drietandvurk (die een waarmee manlief altyd braai) en roer die suiker totdat al die suiker gesmelt is en dit begin karameliseer. WEES NOU VERSIGTIG.
Trek eerder die pan van die hitte af en hou aan met roer. As jy sien die karamel wil nog nie mooi goudbruin raak nie, plaas weer sowat een minuut lank terug oor die hitte. Verwyder van die hitte en voeg die room by. Die mengsel sal opborrel. Plaas terug op die hitte en roer totdat die karamel in die room opgelos is. Verminder die hitte tot baie laag, voeg die sjokolade en sout by en klop vinnig totdat die sjokolade opgelos en die sous glad en blink is. Geur met vanielje en sit warm of by kamertemperatuur voor oor rum-en-rosyntjie-of vanieljeroomys.

 

 




BBQ SAUCE

 

BBQ SAUSE

INGREDIENTS
2 tablespoons vegetable oil
1 onion, thinly sliced
2 cloves garlic, minced
1 jalapeno chile, minced (add more or less depending on how much heat you enjoy)
2 teaspoons cumin
2 teaspoons coriander
1 large can chopped tomatoes (or 3 medium tomatoes, chopped)
1/2 cup ketchup
1 cup cider vinegar
2 tablespoons brown sugar
1 bay leaf
1 cup chicken stock or water

METHOD
In a large sauce pan over medium heat, heat oil. Add onion, garlic, and chile and slowly cook until onion becomes translucent. Add tomatoes, ketchup, vinegar, sugar, bay leaf, and stock.

 

Christina Stienie Breed




“WARE JAKOB” TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS

tamatiesous johan coetzeetested

“WARE JAKOB” TUISGEMAAKTE TAMATIESOUS
4 kg ryp tamaties
1 kg uie
5 groot knoffelhuisies
750 ml asyn
Sny tamaties, uie en knoffel fyn en kook tot sag.
Maak die mengsel fyn in ‘n voedsel verwerker.
Sit dit weer terug in die kastrol en voeg die volgende by:
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
1 teelepel rooipeper
1 teelepel naeltjies
1 teelepel all spice
Kook tot dik genoeg en bottel warm (dit lyk nog te loperig maar aan die kastrol se wand kan jy sien as dit gestol het)
Dis die ware jakob en heerlik ek kry so tussen 15 en 19 bottels tamatiesous afhangende hoe groot die bottels is.

Resep: Marie Jv Rensburg
Foto: Johan Coetzee en Gideon Louw   – Variasie van Gideon – dit is baaaaie lekker ek’t net ‘n koppie suiker ekstra bygesit en ook drie klein brandrissies, ek hou van die effense byt daarin. Ek het ook al 1 teelepel neutmuskaat en 2 eetlepels sout eksyta bygevoeg.  Proe maar na smaak.




SALSA DI POMMODORO (pastasous)

PASTA SAUSE

SALSA DI POMMODORO (pastasous)
1 blik heel tamaties (koop net ‘n goeie maak, die by Fruit & Veg)
1 blikkie tamatiepasta (125g)
handvol vars basillie / of 1 tlp gedroog
1 teelepel Italian Herbs gedroog
1 ui
1 groterige knoffelhuisie (jy kan minder ook gebruik as jy wil)
bietjie olie
Sout en Peper
Braai die uie en knoffel saam in olie.
Voeg blikkies tamaties en tamatiepasta by.
Sny/breek basilliekruid in klein stukkies en voeg by.
Voeg Italian Herbs, sout en peper by.
Moenie water byvoeg nie. Die tamaties het genoeg vloeistof.
Kook vir so ‘n halfuur op lae hitte. (Ek is gewoonlik haastig, 5 – 10 min werk vir my net so goed!)
Ek druk net voor opdiening die hele gedoente sommer met my “masher” fyn. Ek hou nogal daarvan as dit nie puree-fyn is nie.
Bedien warm met pasta. (Die sous is genoeg vir 1 pak pasta)
Strooi vars gerasperde pecorino/parmesan of kaas van jou keuse oor.
Lekker eet!

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand




DURKY SOUS HOENDERSTUKKE

DURKY SOUS HOENDERSTUKKE
Spur se “buffalo wings” resep.
gewone asyn
fyn knoffel
rooi peper
hoender stukke
olie vir braai
Meng die Durky-sous bestanddele na smaak. Ongeveer 1 koppie asyn,  ¼ koppie fyn knoffel en rooi-peper, soveel soos jy kan hanteer (brandsgewys).
Diepbraai die hoender stukke in olie tot krakerig.
Verwyder die hoender uit die olie en doop die stukke direk in die durky sous.
Verhit olie in ‘n pan, soveel olie soos vir vlakbraai en braai die hoenderstukke (wat in die durky sous was) in die vlakolie vir ‘n paar minute en bedien met ekstra sous.
Opsioneel – Dip die hoender weer in die sous en bedien dan.
Resep:  Karin Rheeders Pearson