Bestanddele
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 blikkie gekookte kondensmelk (“Caramel treat’)
250ml room, of ‘n blikkie dessert-room (koud uit die yskas uit)
100g Peppermint Crisp sjokolade, gerasper, maar nie te fyn nie Continue reading
Category Archives: Terte – Soet / Sweet Tarts
CECILIA SE CREMORATERT MET VRUGTE


CECILIA SE CREMORATERT MET VRUGTE
500 g Cremora
1 koppie yskas water
1 blik kondensmelk
¾ koppie suurlemoensap
Klits die Cremora en water tot baie styf en dik, meng kondensmelk en suurlemoensap en klits by mengsel, voeg enige vrugte en kleursel by. Skep in gaar korse. Laat in yskas om te stol. Continue reading
JACQUELINE SE CREMORATERT
2 blikkies kondensmelk, gemeng met 1 koppie suurlemoensap – klits tot styf.
2 koppies cremora poeiermelk aangemaak met 1 koppie louwarm water – laat afkoel.
1 pakkie tennisbeskuitjies gepak in reghoekige of ronde glasbak.
Meng dan die 2 mengsels met mekaar en skep oor die koekies in bak.
Laat staan halwe dag in yskas en eet lekker!
Resep en foto: Jacqueline Wiese
HEERLIKE MELKTERT


HEERLIKE MELKTERT
Kors :
1 ½ koppies koekmeel
½ koppie botter
3 teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
½ koppie melk
1 eier
Klop botter en suiker tot romerig , voeg eier, bakpoeier, meel , en melk by en meng deeglik tot ‘n deeg, smeer deeg egalig in tertbak teen die rante ook.
Nota: Kors en vulsel word saam gebak, nie apart nie.
Continue reading
GEBAKTE SJOKOLADETERT
GEBAKTE SJOKOLADETERT
1 koppie koekmeel
¼ koppie kakao
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
4 eiers, geskei
½ koppie kookwater
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel Continue reading
ANSIE SE CREMORATERT


ANSIE SE CREMORATERT
1 blik kondensmelk
1 pakkie cremora
½ koppie water
½ bottel suurlemoensap
Tennisbeskuitjie heel of met botter gemeng vir die kors
Klits eers water en cremora bietjie en sit dan kondensmelk by, dan suurlemoensap en tjop tjop is hy styf. As ek die menger optel en hy loop nie af nie is hy reg. Ek maak elke week een vir my teetuin en wissel af deur soms jellie by te voeg (½ pakkie) of self blikkie pynappelmoes of granadillamoes. Al selfs fyngemaakte perskes bygesit. Ook baie lekker met klapper geursel.
Resep: Ansie Fourie Boshoff
Foto: Rounel Siecker
VULSEL VIR SAGO MELKTERT


VULSEL VIR SAGO MELKTERT
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml melk
60 ml vlapoeier
45 ml suiker
¼ koppie sago in bietjie water geweek
3 eiers geskei
Ek maak sommer uit my kop uit, dis basies ‘n dikkerige vla, dus vir elke 500 ml melk so 60 ml vlapoeier en 45 ml suiker. Voeg so ¼ koppie sago wat in water geweek was by (dreineer die water) en kook stadig tot vla begin dik word.
Meng bietjie van die warm vla met 3 geklitste eiergele en klits in by die vla en kook stadig nog dikker. Wanneer dit reg is, klits die eierwitte tot styf en vou by die vlamengsel in. Nou kan dit gebruik word vir ‘n melktert of kan netso geëet word.
LIZA SE CREMORATERT MET DROë CREMORA POEIER
Klits room styf.
Voeg suurlemoensap by en klits tot styf.
Voeg kondensmelk by en klits styf.
Voeg creamora by en klits styf.
Voeg vanilla geursel by en klits styf.
Kors
Pak ‘n lagie tennisbeskuitjies en skep mengsel bo oor.
Versier met tennisbeskuitjies krummels.
KARAMEL PEPPERMINT TERT
Ek doen die tert so bietjie anders en is vreeslik lekker en moet die aand voor die tyd gemaak word, sodat die tennis beskuitjies bietjie sag kan raak, Jy het nodig vir `n middelslag grootte tert : so bietjie meer as een pak Tennis beskuitjies,
1 blik caramel
ongeveer 350ml vars room of Orley Whipp
en 2 stafies pepperment crisp sjokolade. Continue reading
TERTIA SE PYNAPPEL-KONDENSMELKTERT


TERTIA SE PYNAPPEL-KONDENSMELKTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies of mariebeskuitjies
1 blik kondensmelk
300 ml varsroom
1 medium blik pynappels crushed
halwe koppie suurlemoensap
Meng kondensmelk en suurlemoensap in ‘n bak, dreineer jou pynappelsap van jou crushed pynappels en meng crushed pynappel saam met kondensmelk en suurlemoensap.
Klop room styf en vou dan liggies by jou mengsel .
Kan die beskuitjies heel onder pak of krummel en vas druk wat saam jou botter gemeng is
Sit jou vulsel op die koekies en laat stol.
BRON: Tertia Cassell







