

VULSEL VIR SAGO MELKTERT
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml melk
60 ml vlapoeier
45 ml suiker
¼ koppie sago in bietjie water geweek
3 eiers geskei
Ek maak sommer uit my kop uit, dis basies ‘n dikkerige vla, dus vir elke 500 ml melk so 60 ml vlapoeier en 45 ml suiker. Voeg so ¼ koppie sago wat in water geweek was by (dreineer die water) en kook stadig tot vla begin dik word.
Meng bietjie van die warm vla met 3 geklitste eiergele en klits in by die vla en kook stadig nog dikker. Wanneer dit reg is, klits die eierwitte tot styf en vou by die vlamengsel in. Nou kan dit gebruik word vir ‘n melktert of kan netso geëet word.






