GROEN TAMATIE EN WAATLEMOENSLAAI
1 kg WW eksotiese tamaties
½ medium ryp waatlemoen
1 fyn gekapte rooi chilli (ek het groen Jalapeno chilli gebruik, (sonder pitte vir minder hitte!!)
Granaat pitte
35 g microleaf slaai
10 g eetbare blommetjies
Vir die slaai sousie:
200 g Rosa tamaties ryp
½ koppie olyfolie
4 eetlepels balsamiek asyn (wit)
2 toontjies knoffel fyn gerasper
4 teelepels heuning
Sout na smaak
Sny die tamaties in skyfies, die kleintjies in wiggies vir tekstuur. Sny die waatlemoen in stukke en die chilli opgekap saam met alles gemeng in ‘n mooi slaai bak. Strooi die granaat pitte en microleaf blaartjies oor en sit die eetbare blommetjies bo-op. Drup die sousie bo-oor net voor bediening.
Sousie:
Druk die pitte en sap uit die Rosa tamaties in ‘n bekertjie. Voeg die olyf olie, balsamiek, knoffel, heuning en sout by en meng goed.
Wyn wat hierdie slaai komplimenteer: WW French Rose 2012
Geplaas deur Elsabie Templeton









GESKUIF