SUE SE BLAARSLAAISOP
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde jogurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Sout en peper na smaak.
Voeg die room of jogurt by.
Bedien met pietersielie as garnering.
Jenny Nel Robberts
Hi julle ek maak ook blaarslaai sop maar so: Blaarslaai en gekapte uie kook saam met hoender blokkie tot sag. Maak so koppie of so witsous. Verpulp en gooi sout en peper by en as jy wil room. Dit proe soos aspersie sop. Dit regtig heerlik. Hier by ons het ons baie baie blaarslaai omdat ons net in die winter kan groente plant en dan gebruik ons als.







