

CECILIA SE CREMORATERT MET VRUGTE
500 g Cremora
1 koppie yskas water
1 blik kondensmelk
¾ koppie suurlemoensap
Klits die Cremora en water tot baie styf en dik, meng kondensmelk en suurlemoensap en klits by mengsel, voeg enige vrugte en kleursel by. Skep in gaar korse. Laat in yskas om te stol.
Elize de Kock – Bo Laag
200 ml vars granadilla pulp en 4 teelepels suiker warm gemaak tot suiker smelt en toe deur sif gevryf, want ek hou nie van die pitte nie, so paar pitte weer ingesit net vir mooi.
1 pakkie granadilla jellie opgelos in 250 ml kookwater, dit laat afkoel en toe met granadilla pulp gemeng en oor tert geskep.
Nota: Laat jellie buite afkoel, nie in yskas.
Resep: Cecilia van der Merwe
Foto: Elize de Kock







200 ml vars Grenadilla pulp en 4 teelepels suiker warm gemaak tot suiker smelt en toe deur sif gevryf want ek hou nie van die pitte nie, so paar pitte weer ingesit net vir mooi. 1 pakkie granadilla jellie opgelos in 250 ml kookwater, dit laat afkoel en toe met granadilla pulp gemeng, . Laat buite afkoel nie in yskas.en dan oor tert gegooi