2 blikkies kondensmelk, gemeng met 1 koppie suurlemoensap – klits tot styf.
2 koppies cremora poeiermelk aangemaak met 1 koppie louwarm water – laat afkoel.
1 pakkie tennisbeskuitjies gepak in reghoekige of ronde glasbak.
Meng dan die 2 mengsels met mekaar en skep oor die koekies in bak.
Laat staan halwe dag in yskas en eet lekker!
Resep en foto: Jacqueline Wiese








