8 porsies
18 lasagne velle (gewoon of ek hou van die spinasie een)
1kg maer maalvleis
2 middelslag uie gekap
2 groot knoffelhuisies gekap
Sout, peper, gerookte paprika, komyn en origanum na smaak.
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie water (gebruik jou tamatieblikkie)
1 koppie tamatiesous
3 wortels gerasper
1 liter medium dik witsous + bietjie origanum
2 koppies gerasperde cheddarkaas – ons hou van ‘n sterk kaas
Metode
Vleislaag:
1. Braai uie en knoffiel tot sag.
2. Voeg maalvleis, sout, peper, komyn, paprika by en roerbraai tot dit nie meer pienk is nie.
3. Gooi blikke gekapte tamaties, tamatiesous en 1 blikkie water by.
4. Kook vir sowat 15 minute.
5. Voeg gerasperde wortels by en kook vir ‘n verdere 15-20 minute of totdat die meeste vog uitgekook is. Daar moet nog sowat 1 koppie sous in wees.
Witsouslaag
6. Maak 1 liter medium dik witsous.
7. Geur met sout, peper en organinum.
Pak nou die pan:
8. Smeer die pan met botter.
9. Gooi ‘n lagie witsous (sowat 1/3e ) op die bodem tot net bedek.
10. Pak ‘n lagie lasagnevelle (6) bo-op die witsous.
11. Deel maalvleis in 2 porsies. Meng mooi deur sodat jy van die sous kan saamskep.
12. Gooi nog witsous bo-oor die maalvleis (nog ‘n 1/3e)
13. Pak nog ‘n laag lasagnevelle (6) bo-op die eerste maalvleismengsel.
14. Gooi oorblywende maalvleis porsie bo –op velle.
15. Pak die laaste laag lasagnevelle (6).
16. Gooi oorblywende witsous bo-op.
17. Bedek met foelie en laat rus vir 2 ure.
18. Voorverhit oond tot 180 grade Celsius en bak vir sowat 40-45 minute.
19. Haal foelielaag af en gooi kaas op.
20. Skakel oond af en maak die deur oop. Laat in die oond dat die kaas mooi gesmelt is en die lasagne vir ten minste nog ‘n uur kan rus.
Wenk: Terwyl jou vleis gaar word, maak jou witsous en smeer jou pan. Dan spaar jy tyd en hoef jy net te pak as alles gaar is.
Vir beginners: Ek het geleer (na baie probeerslae) dat die rus belangrik is vir die souse om die lasagnevelle sag te maak.
8 Porsies is genoeg om 8 foeliebakkies te pak en te vries. Haal uit sowat 8 ure voor jy wil eet, omte ontvries en bak dan sommer in die bakkie in ‘n warm oond tot deurwarm.
8 Porsies is genoeg om 8 foeliebakkies te pak en te vries. Haal uit sowat 8 ure voor jy wil eet, om te ontvries en bak dan sommer in die bakkie in ‘n warm oond tot deurwarm.
Bernadene Daniell Prinsloo








