FLOURLESS 3 MINUTE COCONUT AND CHICKPEA BREAD
(ek weet ongelukkig nie waar ek aan die resep kom nie)
⅓ koppie fyngemaakte chick peas
⅓ koppie klapper
½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eier Continue reading
Category Archives: Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes
MIKROGOLF GEMMERPOEDING
TUNATERT IN DIE MIKROGOLF
TUNATERT IN DIE MIKROGOLF
2 blikkies Tuna gedreineer
1 gerasperde ui
50 ml blatjang
50 ml mayonnaise
4 eiers geklits
1 groot pak kaas en uie chips fyngedruk
1 koppie gerasperde kaas
100 ml room, melk of griekse jogurt
MIKROGOLF SOKOLADE POEDING
MIKROGOLF SOKOLADE POEDING
Genoeg vir 4 mense
60 ml (¼ koppie) koekmeel
60 ml (¼ koppie) suiker
30 ml (2 eetlepels) kakao
2 ml (½ teelepel) bakpoeier
1 eier
45 ml (3 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
45 ml (3 eetlepels) melk Continue reading
PIKANTE HOENDER
PIKANTE HOENDER
1 kg hoenderporsies, by kamertemperatuur
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125 ml mayonnaise
125 ml tamatiesous
125 ml appelkooskonfyt of vrugteblatjang Continue reading
VLASKYWE MET CREAM CRACKERS
PRUIMKONFYT


PRUIMKONFYT
1 kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels botter
Gebruik ‘n glas mikrogolf houer.
Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%. Haal uit en hou eenkant.
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%.
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur.
Mikrogolf vir verder 25 min op 100% terwyl elke 10 min geroer word.
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel en bêre.
Foto: Trix Arp Smit
FYN PERSKE KONFYT


FYN PERSKE KONFYT
(MIKROGOLF)
1 kg taaipit perskes
125 ml suurlemoensap
1 kg wit suiker
Skil, halveer en ontpit die perskes. Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter) Sprinkel die suurlemoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak. Voeg die suiker by en roer goed deur. Mikrogolf die mengsel onbedek 20 min lank by 100% krag tot dik. Bottel warm en verseël dadelik.
Stien se nota:
Ek weeg eers die perskes na dit geskil en ontpit is.
Het die verpulp sommer in die mikrogolf bak gedoen met die “stick blender”.
Ek het net 750 g suiker gebruik, want ons hou nie van baie soet konfyt nie.
My tweede kooksessie was net so 12/14 minute. Roer gereeld tussenin, want dit neig om oor die bak te kook.
Foto: Stien Rust
APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND


APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND
(WERK SOOS ‘N DROOM!)
My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep:
1 kg appelkose, gesnipper of net die pit verwyder
1 eetlepel botter
1 kg suiker
1 suurlemoen se sap
Plaas die appelkose in ‘n diep glasbak. Voeg botter en suurlemoensap by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher indien verkies, of los net so, roer net deur. Voeg suiker by en roer goed tot suiker opgelos is. Mikrogollf weer op hoog vir 13 minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog. Continue reading
ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)

ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)
MOENIE ROSE GEBRUIK WAT MET GIF GESPUIT IS NIE.
2 koppies roosblare, lossies ingedruk
Breek die wit stukkie onder af en breek die blare in kleiner stukkies.
Plaas dit in ‘n glasbak en strooi 30 ml suiker en 30 ml suurlemoensap oor.
Druk blare plat sodat alles bedek is.










