FLOURLESS 3 MINUTE COCONUT AND CHICKPEA BREAD

3 min glutenvrye broodjietested

FLOURLESS 3 MINUTE COCONUT AND CHICKPEA BREAD
(ek weet ongelukkig nie waar ek aan die resep kom nie)
⅓ koppie fyngemaakte chick peas
⅓ koppie klapper
½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eier
Meng alles behalwe die eier saam. Meng laaste die eier goed deur. Skep dit in ‘n klein koppie en mikrogolf op hoog vir 3 minute. Geniet saam vulsel/smeer van jou keuse.

Resep en foto:  Lindi Erasmus

Wenke:
Corne Liebenberg
Jy kan daai selfde mengsel in ‘n platter houer in die mikrogolf bak en gebruik ipv ‘n bun vir ‘n hamburger, mens kan dit selfs rooster ook.
As jy lus is vir ‘n snack, dan maak jy die mengsel aan en smeer dit op waspapier op ‘n bakplaat, dan sprei jy dit dun uit en bak dit in die stoof se oond tot dit begin crisp raak en strooi toelaatbare geurmiddels oor, breek dit in stukkies en gebruik dit met ‘n toelaatbare dip.




MIKROGOLF GEMMERPOEDING

mikrogolf gemmerpoedingtested

MIKROGOLF GEMMERPOEDING
Beslag:
125 g margarien
¾ koppie bruinsuiker
¾ koppie melk
½ teelepel sout
1 eetlepel appelkoos of perske konfyt
1 koppie meel
¾ eetlepel koeksoda (dis reg, eetlepel)
5 ml vanillageursel
Sous:
2 koppies kookwater
2 teelepels gemmer
1 koppie wit suiker
Meng die bestanddele vir die beslag saam in ‘n mengbak tot gemeng. Skep die beslag in ‘n gesmeerde mikrogolfbestande bak en plaas eenkant.
Meng die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol of in ‘n mikrogolfbestande glasbak en verhit die bestanddele op die stoof of in die mikrogolf totdat dit gesmelt is. Giet die sous oor die deeg (meer aan die kante van die bak, sodat die poeding nie vol gate met sous binne-in is nie).
Bedek die bak met kleefplastiek of ‘n deksel en bak die poeding in die mikrogolf vir 12 minute op hoog, verkieslik op ‘n omgekeerde piering. Bedien die poeding saam met room, roomys of dun vla.
Resep: Wanda Botha
Foto: Dawie van den Heever en Elsabie O’Neill Ackerman

Sandra Marais  – Sopas myne gemaak en ge-eet en ek moet sê dit was heeeeerlik!




TUNATERT IN DIE MIKROGOLF

2014-02-11-tunatertindiemikrogolftested

TUNATERT IN DIE MIKROGOLF
2 blikkies Tuna gedreineer
1 gerasperde ui
50 ml blatjang
50 ml mayonnaise
4 eiers geklits
1 groot pak kaas en uie chips fyngedruk
1 koppie gerasperde kaas
100 ml room, melk of griekse jogurt

Ek het Greek yoghurt gebruik. Meng alles deurmekaar en skep in gesmeerde bak en sit in mikrogolf op high vir 12-15 minute. Middel moet gestol wees.

Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer




MIKROGOLF SOKOLADE POEDING

mikrogolf sjokolade poedingtested

MIKROGOLF SOKOLADE POEDING
Genoeg vir 4 mense
60 ml (¼ koppie) koekmeel
60 ml (¼ koppie) suiker
30 ml (2 eetlepels) kakao
2 ml (½ teelepel) bakpoeier
1 eier
45 ml (3 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
45 ml (3 eetlepels) melk

Meng al die droë bestanddele.
Voeg die eier by en meng goed.
Giet die olie, geursel en melk by en meng goed.
Skep in 4 koppies en mikrogolf 30-40 sekondes tot gaar, maar effens loperig.
Sit voor saam met roomys of vla.
WENKE
Sprinkel gekapte neute oor die deeg voor jy die koppies in die mikrogolf sit. Of voeg 5 ml (1 t) koffie by die kakao vir ’n mokkageur.

Foto:  Marie Rheeder Troskie




PIKANTE HOENDER

MIKROGOLFOOND

PIKANTE HOENDER
1 kg hoenderporsies, by kamertemperatuur
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125 ml mayonnaise
125 ml tamatiesous
125 ml appelkooskonfyt of vrugteblatjang

Giet sousmengsel oor hoenderporsies in bakskottel.
Mikrogolf met deksel op vir 20-minute op hoog, verwyder deksel en mikrogolf ‘n verdere 5-minute op hoog om effens uit te droog.
Bedien met rys en Groente.




VLASKYWE MET CREAM CRACKERS

VLASKYWE2tested

VLASKYWE MET CREAM CRACKERS
1 pak Cream Crackers
1 liter melk
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel vanilla
3 eiers
2 eetlepels margarien
80 ml vla poeier
2 koppies versiersuiker
40 ml kookwater

Mikrogolf kondensmelk, melk en margarien op hoog tot dit kook, roer na 5 minute. Behoort so 10 minute te neem om te kook.
Klits eiers, vlapoeier en vanillageursel saam.
Voeg ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel terwyl jy dit goed klop. Roer dan die eiermengsel by die kookmelkmengsel in en meng baie goed.
Mikrogolf mengsel op hoog vir 5 minute, roer goed na elke minuut.
Klop tot glad.
Pak die helfte van die cream crackers onder in ‘n gesmeerde bak en gooi die vlamengsel versigtig oor. Pak nou die ander cream crackers bo-op die vla.
Los in yskas tot heeltemal afgekoel.
Meng die versiersuiker met die kookwater en gooi bo-oor. Plaas weer in yskas tot heeltemal koud.

Geniet!!

Resep geplaas deur Inga Titus
Foto: Gillian Logan Bredenhann




PRUIMKONFYT

2014-01-14-fotobeeld
PRUIMKONFYT
1 kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels botter
Gebruik ‘n glas mikrogolf houer.
Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%. Haal uit en hou eenkant.
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%.
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur.
Mikrogolf vir verder 25 min op 100% terwyl elke 10 min geroer word.
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel en bêre.

Foto: Trix Arp Smit

 




FYN PERSKE KONFYT


FYN PERSKE KONFYT
(MIKROGOLF)
1 kg taaipit perskes
125 ml suurlemoensap
1 kg wit suiker
Skil, halveer en ontpit die perskes. Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter) Sprinkel die suurlemoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak. Voeg die suiker by en roer goed deur. Mikrogolf die mengsel onbedek 20 min lank by 100% krag tot dik. Bottel warm en verseël dadelik.
Stien se nota:
Ek weeg eers die perskes na dit geskil en ontpit is.
Het die verpulp sommer in die mikrogolf bak gedoen met die “stick blender”.
Ek het net 750 g suiker gebruik, want ons hou nie van baie soet konfyt nie.
My tweede kooksessie was net so 12/14 minute. Roer gereeld tussenin, want dit neig om oor die bak te kook.
Foto:  Stien Rust




APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND

tested
APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND
(WERK SOOS ‘N DROOM!)
My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep:

1 kg appelkose, gesnipper of net die pit verwyder
1 eetlepel botter
1 kg suiker
1 suurlemoen se sap

Plaas die appelkose in ‘n diep glasbak. Voeg botter  en suurlemoensap by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher indien verkies, of los net so, roer net deur. Voeg suiker by en roer goed tot suiker opgelos is. Mikrogollf weer op hoog vir 13 minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.

Baie mense gebruik ‘n roomysbak om dit in te kook in die mikro, want dis dan maklik om die konfyt in die potjies te “skink”, want die bak buig lekker. Ek gebruik egter ‘n glasbak, want ek hou nie van die idee van plastiek in die mikro nie, maar dis net persoonlike smaak.

Die kooktye is perfek vir 1 kg appelkose.

Foto en resep: Louise Groenewald

 




ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)

ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)
MOENIE ROSE GEBRUIK WAT MET GIF GESPUIT IS NIE.

2 koppies roosblare, lossies ingedruk
Breek die wit stukkie onder af en breek die blare in kleiner stukkies.
Plaas dit in ‘n glasbak en strooi 30 ml suiker en 30 ml suurlemoensap oor.
Druk blare plat sodat alles bedek is.


STROOP
Smelt 200 ml water saam met 500 ml suiker op 50% krag.
Kook dit vir 3 min lank op 100% krag, nadat suiker opgelos is.
Sit die roosblare by, druk dit onder stroop en kook dit 15-25 min op 100% krag.
Haal uit die mikrogolf en voeg 15-20 ml suurlemoen sap by. Roer.
Laat effens afkoel voor dit in gesteriliseerde botteltjie geskep word.
Kan weer in botteltjies gekook word vir paar minute as dit nog te dun lyk en dan weer afgekoel word.
Wenk:
Gebruik gekleurde blomblare en wit bymekaar, kleurkombinasies is baie mooi.

Naomi le Roux