

APPELKOOSKONFYT IN DIE MIKROGOLFOOND
(WERK SOOS ‘N DROOM!)
My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep:
1 kg appelkose, gesnipper of net die pit verwyder
1 eetlepel botter
1 kg suiker
1 suurlemoen se sap
Plaas die appelkose in ‘n diep glasbak. Voeg botter en suurlemoensap by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher indien verkies, of los net so, roer net deur. Voeg suiker by en roer goed tot suiker opgelos is. Mikrogollf weer op hoog vir 13 minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.
Baie mense gebruik ‘n roomysbak om dit in te kook in die mikro, want dis dan maklik om die konfyt in die potjies te “skink”, want die bak buig lekker. Ek gebruik egter ‘n glasbak, want ek hou nie van die idee van plastiek in die mikro nie, maar dis net persoonlike smaak.
Die kooktye is perfek vir 1 kg appelkose.
Foto en resep: Louise Groenewald







Geskuif