VLASKYWE MET CREAM CRACKERS
1 pak Cream Crackers
1 liter melk
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel vanilla
3 eiers
2 eetlepels margarien
80 ml vla poeier
2 koppies versiersuiker
40 ml kookwater
Mikrogolf kondensmelk, melk en margarien op hoog tot dit kook, roer na 5 minute. Behoort so 10 minute te neem om te kook.
Klits eiers, vlapoeier en vanillageursel saam.
Voeg ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel terwyl jy dit goed klop. Roer dan die eiermengsel by die kookmelkmengsel in en meng baie goed.
Mikrogolf mengsel op hoog vir 5 minute, roer goed na elke minuut.
Klop tot glad.
Pak die helfte van die cream crackers onder in ‘n gesmeerde bak en gooi die vlamengsel versigtig oor. Pak nou die ander cream crackers bo-op die vla.
Los in yskas tot heeltemal afgekoel.
Meng die versiersuiker met die kookwater en gooi bo-oor. Plaas weer in yskas tot heeltemal koud.
Geniet!!
Resep geplaas deur Inga Titus
Foto: Gillian Logan Bredenhann