


GIDEON SE FRIKKIES OP DIE KOLE
Ek wil darem net vir julle wys en se dat die frikkedelletjies wat ek laas naweek gemaak het was baaaaaaaaie lekker ek het twee medium uie middel deur gesny en saam met n bietjie rooiwyn gesmoor en toe n pakkie sampioene bo op gepak en gekook vir so tien minute. Bo op dit het ek kleinerige frikkedelletjies gepak wat ek self gemaak het met my eie gemaakte mince en toe dit amper gaar is het ek hulle met jimmies sous geverf met bitter min kole onder my potjie en heelwat kole bo op die deksel en was heeeerlik ! Probeer dit gerus !
FOTO EN RESEP: Gideon Louw











