

FRIKKADELLE MET SIMBA SKYFIES
Ek het die resep by n vriendin gekry.
Frikkadelle:
1kg maalvleis
2 eiers
1 groot pak Simba skyfies roast beef geur
1 appel gerasper
1/2 pak knorr kebab mix
Sous:
1/2 pak knorr kebab mix
1 blik tamatie en ui sous
Bisto
1 koppie water
Meng alles saam met net ‘n helfde van die kebab mix.
Maak bolletjies en braai net vir n minuut of so in olie.
Sit dan in oondvaste bak en gooi sous oor. Bak dan teen 180 grade 45 min.
Na 25 min in oond kan jy n halwe koppie water bygooi as die sous te dik is.
Hulle val nie uitmekaar nie. Lekker met spaghetti.
Resep en foto: David Clingham






