

TANYA SE PIESANGBROOD
3 lekker oorryp piesangs
1 koppie stork baking margarine
1 koppie suiker
2 groot eiers
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
½ teelepel koeksoda
2 teelepels caramel essence
½ koppie melk
Verroom die botter en suiker en voeg dan die eiers by en meng goed met klitser. Sif koekmeel, bakpoeier en sout by en meng en dan die caramel essence. Los koeksoda in melk op en roer goed en meng saam die ander bestanddele. Mash die piesangs goed met ‘n vurk en klits dit goed vir so minuut in die deeg in. Gooi die deeg in gesmeerde en gemeelde pan en stamp hom goed uit . Bak dit presies vir 1 uur in vooraf verhitte oond teen 180°C. Koel af en geniet. As jy die resep bietjie wil op jazz van die gewone piesang brood, gooi in jou deeg 1 koppie fyn gerasperde wortel en ‘n halwe teelepeltjie all spice of as jy nie all spice het nie kan jy sommer net ‘n kwart teelepeltjie kaneel byvoeg.
Resep en foto: Tanya Erasmus






