

LEKKER VINNIGE MACARONI EN MAALVLEIS GEREG
800 g maalvleis.Ek gebruik 1/2 bees en 1/2 lam.
2 uie grof gekap
2 blikke sampioensop
2 blikke water.
1/2- 1 pak macaroni of penne.
1 t mostertpoeier
sout en peper na smaak.
1 t. Chilli vlokkkies.
1 t. Fyn knoffel ,of na smaak
1/2 koppie vars gekapte pietersielie
1/2 koppie gevriesde pitmielies
1/2 koppie gevriesde ertjies
1 koppie gerasperde kaas
so maak mens:
Braai die uie en die maalvleis tot bruin.
Gooi die res van die bestandele behalwe die kaas by en roer goed deur.
Sit deksel op en prut stadig tot die pasta gaar is. Sowat 20 minute.
Haal van die plaat af en strooi die kaas oor.Strooi n bietjie ekstra pietersielie en chili vlokkies oor en bak by 180c vir 20 minute of tot die kaas gesmelt is en mooi ligbruin.
Bedien saam met n groen slaai en broodrolle.
Dit is my eie resep en nog al die jare my man se gunsteling.
Resep en foto: Hettie Bezuidenhout






