

LEWER IN NETVET (SKILPADJIES)
Resep en foto: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
netvet
1 skaap of lamslewer
1 ui
1 sny brood
knypie fyn naeltjies
raspertjie neutmuskaat
sout en peper Continue reading→
Category Archives: Lewer/Liver
VERSKEIE HOENDERLEWER GEREGTE


VERSKEIE HOENDERLEWER GEREGTE
Verskeidenheid hoenderlewergeregte soos deur ons lede gemaak:
Rika Brits
Ek vat my lewer, sny dit op en braai vinnig saam met uie tot dit net geseël het nie heeltemal gaar nie.
Dan vat ek ‘n pot gooi ‘n halwe koppie Bandewyn (Richelou) in saam met ‘n scoop botter en baie suiker.
Roer dit tot dit amper karamel is, gooi nou die lewer en uie by, prut tot gaar.
Ek sit Portegeese broodjies by, dis hemels.
Brineel Du Toit
Nie te sleg nie, so dit was garlic en uie gebraai in coconut oil. Toe die lewer vinnig gebraai tot mooi gaar (Hanlie) met bq seldery sout peper woestersous en dan op die einde so halwe koppie chicken stock daarby. Dan sny jy die lewer in blokkies en ‘n eier wat opgechop is daarby meng alles en spice soos benodig. Continue reading
HEINER SE SOET-SUUR LEWER
ANNETJIE SE HOENDERLEWERTJIES


ANNETJIE SE HOENDERLEWERTJIES
TIP: Gooi baie warm water in pot en sit skoongemaakte lewertjies versigtig in pot water. Laat vir so 3 min daarin le en haal uit – dit seel basies die lewertjie sodat dit nie fyn opbreek nie.
Braai ui liggies in pan en skep uit.
Braai gemengde masala in pan sodat smaak kan uitkom en voeg fyn masala of kerrie na smaak by.
Braai lewertjies tot ligpienk binne.
Skep ui terug, asook gekapte tamatie, knoffel, gekapte sprietuie en dun repies groenrissie (ek voeg ook so kwart koppie klappermelk of room by.
Laat paar minute prut.
Geur met sout en peper
Resep en foto: Annetjie van Huyssteen
SOET-SUUR LEWER


SOET-SUUR LEWER
500 g lewer skoongemaak, buisies verwyder en repies gesny
Laat vir 30 minute in melk week.
Dreineer.
¾ koppie koekmeel
sout, peper en rooipeper
een ui
knoffel na smaak
repies groen of rooi soetrissies
gekapte seldery
⅓ koppie sojasous
sap van 1 suurlemoen
3 eetlepels suiker
1 koppie water
Meng koekmeel, sout, peper en rooipeper goed en bedek al die lewerrepies met dit.
Sny een ui in dik ringe, braai in olie tot deurskynend.
Voeg knoffel na smaak by, braai paar minute en skep uit.
LEWER MET KRUIESOUS

LEWER MET KRUIESOUS
500 g lewer
30 ml koekmeel
5 ml sout
1 ml peper
15 ml marjolein
30 ml botter
30 ml olie
75 ml gekapte ui
250 ml vleisaftreksel
125 ml gekapte pietersielie
30 ml suurlemoensap Continue reading
GEPEPERDE NIERTJIES
GEPEPERDE NIERTJIES
8 skaapniertjies
5 ml suurlemoensap
5 ml sout
10 ml aangemaakte mosterd
paar druppels worcestersous knypie rooipeper
1 ui, fyn gekap
30 ml margarien
Verwyder alle vet aan niertjies, trek velle af, halveer elk oorlangs en sny pypies uit.
Laat 1 uur in soutwater week. Droog met kombuispapier af en plaas op ‘n plank of bord met die snykante na bo.
Meng suurlemoensap, sout, mosterd, peper en worcestersous. Verf oor niertjies en laat ‘n uur in die koelkas
Soteer ui in botter tot geel en sag, skep uit en hou warm.
Plaas niertjies in dieselfde pan en braai hulle 5-10 minute vinnig aan elke kant tot gaar.
Draai gereeld om en voeg nog botter by indien nodig.
Strooi ui oor niertjies en sit voor.
Lewer 4 porsies.
Resep: Pieter Van Vuuren
LEWER IN SUURSOUS
Bedien 4
500 g lewer
25 ml botter of margarien
50 ml koekmeel
5 ml sout
1 ml peper
50 ml asyn
12,5 ml suiker
375 ml water
Doop die lewer in kookwater, trek die vlies af en sny in stukkies ongeveer 20 x 20 x 10 mm dik.
Braai alkante bruin.
Strooi die meel oor en roer dit in.
Voeg die res van die bestanddele by en laat 15 minte lank stadig kook.
Resep: Pieter van Vuuren
LEWERWORS ALA RIA
LEWERWORS ALA RIA
Vir die afvalliges: wanneer jy weer ‘n ou skaapbinnegoedjie of beeslewer kry en nie weet wat om met dit te maak nie, doen die volgende.
beeslewer of skaaplewer / -niertjies / -hart
netvet opgesny (opsioneel)
uie, opgesny
olie vir braai
knippie nealtjies, neutmuskaat, koljander
sout en peper na smaak
bietjie asyn
worsspeserye (opsioneel)
½ koppie of meer hawermout
skaap- of varkderms
Braai die uie in ‘n pan met olie na smaak, voeg die knippies naeltjies, neut en koljander by. Voeg sout en peper na smaak by en bietjie asyn. Jy kan van die netvet ook byvoeg, maar dis opsioneel of gebruik jou gewone worsspeserye. Continue reading




