LEWERWORS ALA RIA
Vir die afvalliges: wanneer jy weer ‘n ou skaapbinnegoedjie of beeslewer kry en nie weet wat om met dit te maak nie, doen die volgende.
beeslewer of skaaplewer / -niertjies / -hart
netvet opgesny (opsioneel)
uie, opgesny
olie vir braai
knippie nealtjies, neutmuskaat, koljander
sout en peper na smaak
bietjie asyn
worsspeserye (opsioneel)
½ koppie of meer hawermout
skaap- of varkderms
Braai die uie in ‘n pan met olie na smaak, voeg die knippies naeltjies, neut en koljander by. Voeg sout en peper na smaak by en bietjie asyn. Jy kan van die netvet ook byvoeg, maar dis opsioneel of gebruik jou gewone worsspeserye.Meng en maal die vleise van jou keuse saam. Meng die rou vleise, hawermout en die gebraaide uiemengsel saam.
Knoop ‘n paar derms, ryg een vir een op ‘n worsstopper en stop die lewermengsel soos boerewors. Knoop die anderkant van die derm ook. Jy kan vir veiligheid ‘n toutjie weerskante by knoop vir ingeval. Vries die lewerwors in mooi opgerolde worse. Wanneer jy weer pap en lewer wil eet, braai die wors oor die kole. Mense dis lekkerder en makliker skilpadjies! Dis nou so uit die kop neergeskryf, het nie ‘n resep wat op papier neergeskryf is nie.
Resep: Ria N. Pieterse
One thought on “LEWERWORS ALA RIA”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Done