HEINER SE SOET-SUUR LEWER
500 g beeslewer, in blokkies gesny
2 medium uie, in ringe gesny of grof gekap
125 g spek stukkies (bacon bits)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 eetlepels botter
250 ml suur room
3 eetlepels suurlemoensap
½ teelepel sout
1 – 2 teelepels paprika
1 – 2 teelepels suiker
½ teelepel suurlemoenpeper (lemon-pepper)
1 eetlepel Aromat
Verhit die botter in ‘n swaarboompan.
Braai die uie en spek tot deurskynend en gaar. Voeg die knoffel by en roerbraai vir n rukkie.
Roerbraai nou die lewer saam in en braai tot lig bruin.(lewer moet nog effe pienk wees)
Voeg nou die res van die bestanddele by en kook goed deur.
Ek bedien die altyd saam met ‘n lekker krummel pap, maar dit kan ook saam met kapokaartappels bedien word.
Rese:- Heiner Lange