TRINCHADO
(Oorsprong van Angola en Mosambiek af)
Daar is baie verwerkings vir die dis. Die volgende is een van hulle. Word as n voorgereg bedien,
maar ek maak sommer n hoofgereg daarvan so lekker is dit
Dis hoe ek dit maak en geniet.
(4 porsies)
botter /olyfolie
400 g fillet in repies gesny
1 ui fyngekap
125 gr gesnyde sampioene in skywe
1 knoffel huisie fyngekap
7 ml peri peri of chilli speserye na smaak
15 ml paprika
1 blik tamaties sonder skil
(Verkieslik deur n kosverwerker fyner gekap)
15 ml worcestersous
15 ml balsamiese asyn
200 ml beesaftreksel
125 ml brandewyn/ rooiwyn
100 ml room
Sout en peper na smaak
Klein cocktail buns om te doop in sous.
Braai uie, knoffel en sampioene saam tot effe bruin, skep uit .
Braai fillet repies so paar minute voeg dan die uie mengsel by met al die res van die bestanddele. Kook nou op medium hitte totdat sous effens verdik het ongeveer 15 na 20 minute. Haal van plaat en laat afkoel maar nog warm. Voeg nou die room by.
Bedien saam met botter broodrolltjies. Heerlike voorgereg.
Foto: Martie Fourie Moolman








