
VARK STEAK MET KAASBOLAAG
sonneblomolie, vir panbraai
4 vark-steaks of –schnitzels
geurmiddels vir vleis
6 pikantrissies, gesny
8 olywe, ontpit en gesny
2 sprietuie, gesny
250 ml gerasperde mozzarella of cheddar
gebakte aartappels en slaai of groente in die seisoen, om voor te sit
Verhit ’n lagie olie in ’n pan, of gebruik ’n riffelpan. Verf die vleis met ’n bietjie olie en sprinkel geurmiddel aan albei kante.
Panbraai die vleis in die pan of riffelpan tot dit amper gaar is
Haal die vleis uit die pan en sit dit op ’n bakplaat. Pak die pikantrissies, olywe, sprietuie en kaas bo-op. Geur na smaak met sous en varsgemaalde swartpeper. Sit onder die roosterelement tot die kaas begin borrel. Sit vuurwarm voor met gebakte aartappels en ’n slaai of groente in die seisoen.






