VERSKEIE HOENDERLEWER GEREGTE
Verskeidenheid hoenderlewergeregte soos deur ons lede gemaak:
Rika Brits
Ek vat my lewer, sny dit op en braai vinnig saam met uie tot dit net geseël het nie heeltemal gaar nie.
Dan vat ek ‘n pot gooi ‘n halwe koppie Bandewyn (Richelou) in saam met ‘n scoop botter en baie suiker.
Roer dit tot dit amper karamel is, gooi nou die lewer en uie by, prut tot gaar.
Ek sit Portegeese broodjies by, dis hemels.
Brineel Du Toit
Nie te sleg nie, so dit was garlic en uie gebraai in coconut oil. Toe die lewer vinnig gebraai tot mooi gaar (Hanlie) met bq seldery sout peper woestersous en dan op die einde so halwe koppie chicken stock daarby. Dan sny jy die lewer in blokkies en ‘n eier wat opgechop is daarby meng alles en spice soos benodig.
Hanlie Oosterhuis
Kyk hierso, ek sal jou myne gee- dit wat ek kan onthou, want ek weet nou nie in watter boek ek dit geskrywe het nie.
EERSTENS maak jy jou marinade van gesorteerde ui, klein bietjie garlic, chutney en tamatie pasta – so ‘n soetsuur sousie. Jy kan maar chilli bysit soos jy daarvan hou, sout en peper. Dan braai jy jou lewertjie tot net gaar in daai marinade. Bedien dit warm met ‘n broodjie.
Annet Geelhoed se resep en foto
500 gram kippelevertjes
250 gram champignon
2 uien
150 gram gerookte spekblokjes
zout en peper
Snij alles klein, doe een beetje boter in de pan enn voeg de kippelevertjes toe, laat ze bruin worden voeg dan de uien, spek en champignon toe en doe er peper en zout naar smaak op, laat dit op vrij hoog vuur een minuut op 10 gaar worden.