GEPEPERDE NIERTJIES
8 skaapniertjies
5 ml suurlemoensap
5 ml sout
10 ml aangemaakte mosterd
paar druppels worcestersous knypie rooipeper
1 ui, fyn gekap
30 ml margarien
Verwyder alle vet aan niertjies, trek velle af, halveer elk oorlangs en sny pypies uit.
Laat 1 uur in soutwater week. Droog met kombuispapier af en plaas op ‘n plank of bord met die snykante na bo.
Meng suurlemoensap, sout, mosterd, peper en worcestersous. Verf oor niertjies en laat ‘n uur in die koelkas
Soteer ui in botter tot geel en sag, skep uit en hou warm.
Plaas niertjies in dieselfde pan en braai hulle 5-10 minute vinnig aan elke kant tot gaar.
Draai gereeld om en voeg nog botter by indien nodig.
Strooi ui oor niertjies en sit voor.
Lewer 4 porsies.
Resep: Pieter Van Vuuren