TAMATIEHOENDERLEWERTJIES
2 houers (250 g elk) hoenderlewertjies, skoongemaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
olie
1 ui, in ringe gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
200 g sampioene, in skywe gesny
2 ryp tamaties, ontvel en in blokkies gesny
10 ml tamatiesous
25 – 50 ml Worcestersous Continue reading
Category Archives: Lewer/Liver
KERRIEHOENDERLEWERS
SUURSOUS MET LEWER EN NIERTJIES


SUURSOUS MET LEWER EN NIERTJIES
6 niertjies, in blokkies gesny
2 koppies lewer, in blokkies gesny
1 groot opgekapte ui
1 koppie niervet, in blokkies gesny en opsioneel
sout
peper
suiker
maizena
asyn
6 heel naeltjies
kookwater Continue reading
STOMPIE SE POFADDER
WILDSLEWER IN SUURSOUS

WILDSLEWER IN SUURSOUS
1 lewer en niere
500 ml room
5 ml sout
1 ui, gekap
peper na smaak
25 ml Maizena
450 ml asyn
olie vir braai
Sny lewer en niere in klein blokkies. Braai lewer, niere en uie in olie en bietjie water.
Plaas deksel op pot en prut vir 10 – 15 min.
Meng nou die room, Maizena en asyn en roer dit stadig by die gaar lewer en niertjies.
Bedien saam met roosterbrood of lekker stywe mieliepap.
LEWERSMEER

LEWERSMEER
1 lewer, ontvlies
500 ml botter
2 groot uie, gekap
15 – 20ml sout
10 ml suiker
knippie van elk: neut, naeltjies en peper
25ml brandewyn
Soteer uie in die helfte van die botter. Bak die lewer in die ander helfte van die botter.
Maal nou die lewer en uie deur ‘n fyn siffie. Voeg alle ander bestandele by en meng deeglik.
Maal alles weer vir ‘n tweede keer. Plaas in glashouer en bewaar in yskas. Bedien op growwe brood.
LEWER IN NETVET
Resep: Benhet Nieuwenhuis
LEWERKOEKIES
MAKLIKE SKILPADJIES
MAKLIKE SKILPADJIES
Resep: Manda Kahts Badenhorst
FOOD LOVERS RECIPES
Lewerstukkies in netvet toegedraai, is ‘n heerlike voorgereggie.
500 g heel lewer
1 kg netvet van ‘n skaap of vark
sout en peper
tandestokkies
Sny die lewer op in stukkies van ongeveer 5 cm by 2 cm en trek die vliesies af.
Sny die netvet in stukkies op wat groot genoeg is om die lewerstukkies in toe te draai.
Sout en peper die lewerstukkies en draai dan elkeen afsonderlik in ‘n stukkie netvet toe.
Steek die vet met ‘n tandestokkie vas.
Braai die skilpadjies vir 10 – 15 minute op matige kole tot bruin en bedien onmiddelik.
Foto en resep: Manda Kahts Badenhorst
LEWER IN DIE MIKROGOLF
LEWER IN DIE MIKROGOLF
Hierdie is ‘n smelt-in-die-mond lewer resep. Hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse.
lewer (skaap of hoender), skoongemaak, buise verwyder en in blokkies gesny
3 eetlepels botter
± 3 eetlepels meel
voeg by na eie keuse:
sout en peper
blatjang
tamatiesous
Worcestersous
mosterdsous of poeier
Continue reading








