

SUURSOUS MET LEWER EN NIERTJIES
6 niertjies, in blokkies gesny
2 koppies lewer, in blokkies gesny
1 groot opgekapte ui
1 koppie niervet, in blokkies gesny en opsioneel
sout
peper
suiker
maizena
asyn
6 heel naeltjies
kookwater
Braai die vet tot ligbruin in ‘n pot of kastrol, groot genoeg vir die sous ook.
Skep die stukke uit en bêre eenkant.
Braai die uie tot ligbruin in dieselfde pot wat nou lekker geolie is, bere eenkant.
Braai (roer) die lewer en niertjies tot verkleur.
Voeg nou die vet en uie by endadelik daarna die KOOKWATER.
Gooi 6 naeltjies, sout, peper en suiker in na smaak.
Kook dit tot gaar (sny van die grooter stukke oop om te sien).
As jy dit te lank kook, is die vleis rubber. (Dan kan jy dit vir die hond gee)
NOU LUISTER MOOI:
Vat so kwart koppie asyn met opgehoopte eetlepel maizena, roer tot die klonte weg is, in dieselfde koppie, jy kan koue water bygooi as dit te dik is.
NOU terwyl jy die pot roer, voeg jy die asyn mengsel STADIG in. BLY ROER as hy te dun is maak nog maizena met koue water aan en voeg by. As dit te dik is, sit water by.
Kook vir nog ‘n rukkie.
Bedien saam met pap of brood.
Resep: Jan kaalvoet kotze






