MAKLIKE SKILPADJIES
Resep: Manda Kahts Badenhorst
FOOD LOVERS RECIPES
Lewerstukkies in netvet toegedraai, is ‘n heerlike voorgereggie.
500 g heel lewer
1 kg netvet van ‘n skaap of vark
sout en peper
tandestokkies
Sny die lewer op in stukkies van ongeveer 5 cm by 2 cm en trek die vliesies af.
Sny die netvet in stukkies op wat groot genoeg is om die lewerstukkies in toe te draai.
Sout en peper die lewerstukkies en draai dan elkeen afsonderlik in ‘n stukkie netvet toe.
Steek die vet met ‘n tandestokkie vas.
Braai die skilpadjies vir 10 – 15 minute op matige kole tot bruin en bedien onmiddelik.
Foto en resep: Manda Kahts Badenhorst








