LEWER IN DIE MIKROGOLF
Hierdie is ‘n smelt-in-die-mond lewer resep. Hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse.
lewer (skaap of hoender), skoongemaak, buise verwyder en in blokkies gesny
3 eetlepels botter
± 3 eetlepels meel
voeg by na eie keuse:
sout en peper
blatjang
tamatiesous
Worcestersous
mosterdsous of poeier
Plaas die lewer en botter in ‘n mikrogolfbestande bak en mikrogolf dit vir 3 min op hoog, roer af en toe.
Meng die meel, sout, peper, blatjang, tamatiesous, Worcestersous en mosterd tot ‘n pasta en voeg die mengsel by die lewer.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute, roer elke minuut.
Mikrogolf vir ‘n verder 3 minute en verwyder die gereg uit die mikrogolf.
Bedien die lewer met kapokaartappels, spaghetti, bruinrys, of couscous.
Resep: Hannalie Kitshoff









Done