SOET-SUUR LEWER
500 g lewer skoongemaak, buisies verwyder en repies gesny
Laat vir 30 minute in melk week.
Dreineer.
¾ koppie koekmeel
sout, peper en rooipeper
een ui
knoffel na smaak
repies groen of rooi soetrissies
gekapte seldery
⅓ koppie sojasous
sap van 1 suurlemoen
3 eetlepels suiker
1 koppie water
Meng koekmeel, sout, peper en rooipeper goed en bedek al die lewerrepies met dit.
Sny een ui in dik ringe, braai in olie tot deurskynend.
Voeg knoffel na smaak by, braai paar minute en skep uit.
In dieselfde pan, braai lewer tot goudbruin, maar nog pienk binne.
Skep uie en knoffel terug by lewer. Voeg die soetrissies en seldery by.
Voeg die sojasous, suurlemoensap, suiker en water by.
Laat vir paar minute stadig prut tot sous verdik en lewer gaar is.
Ek kook sommer die uitgedrukte suurlemoen saam en skep net uit voor opdien.
Resep en bron: Annetjie van Huyssteen