MIKROGOLF DRUIWEKONFYT
1 kg Druiwekorrels
75 ml Water
50 ml Suurlemoensap
Continue reading


BESTANDDELE:
500 gr ryp tamaties (ongeveer 6 tamaties)
500 gr strooisuiker
1 duim grootte stukkie vars gemmer (opsioneel)
1 teel suurlemoensap Continue reading→

GESNIPPERDE PERSKEKONFYT
2.5 kg geelperskes
750 ml water
7 x 250 ml suiker
5 ml wynsteensuur Continue reading→


RYP VYEKONFYT
Skil vy dun af en laat le ‘n ruk in die son om die nerf hard te maak (ek doen dit nie)
Prik goed en laat staan oornag in kalkoplossing van 1tl kalk op 4 l water
Spoel volgende oggend af en plaas in kokende stroop
Ek los die hele boonste gedeelte van die resep – ek sny net die vy met skil en al in stukkies en gooi in pot en my resep is 100% reg xx
Stroop:
2 kop water vir elke 1 kg suiker en 1kg suiker vir elke 1 kg vrugte Continue reading→
MAROELA JELLIE
Gebruik veral groenerige, ferm maroelas, gewoonlik val dit regte tyd van boom af en jy kan net optel, was maroelas goed af, sny net stingel kant af, verwyder growwe vlekke indien nodig, sny kruis en dwars met skerp mes in rondte.
Weeg vrugte, 1 kg vrugte /1 liter water, kook goed vir so uur met deksel. Gooi nou vloeistof en vrugte deur ‘n dubbel laag melk/kaasdoek, MOENIE vrugte druk deur lap nie, dan word vloeistof vlokkerig en bly so. Continue reading→

DIT IS parstyd en niemand weet dit beter as Annalene Niemand van die Kleinplasie Museum op Worcester nie.
Ongeveer 5 tot 10 liter mos na gelang van die grootte van die pot beskikbaar in ‘n pot totdat dit halfvol is.
Meng sowat ‘n halwe teelepel gebluste kalk met ‘n bietjie mos totdat dit goed opgelos is en gooi by die mos in die pot.
Kook die mos vinnig. Terwyl dit kook, moet dit voortdurend geroer word en kan die skuim afgeskep word. Pasop vir oorkook, dit gebeur maklik. Dit moet baie lank kook totdat ‘n mens vind dat dit minder begin opkook. Die kleur moet ook sterk donker raak. Om te toets skep ‘n mens ‘n bietjie uit op ‘n piering en laat dit koud word. As dit die vloeibaarheid van heuning het as dit koud is, is dit reg. Moskonfyt kan ook tydens die kookproses gegeur word deur een van die volgende bestanddele in ‘n moeseliensakkie saam met die mos te gooi:
‘n stuk heel gemmer, anys, vyeblare of suurlemoenblare. Skep die konfyt in glas- of emaljehouers uit en gee die onsuiwerhede so twee tot drie dae om af te sak. Gooi nou oor in bottels met skroefdoppe om in te bêre

MOSKONFYT
Ryp soet druiwe
10 ml gebluste kalk per 5 liter druiwesap
Trek die stingels van die druiwekorrels af, plaas die korrels in ‘n groot bak en druk hulle fyn.
Bedek die bak en laat eenkant staan tot die druiwe gis, wat ‘n paar dae kan duur.
Wag tot die doppe bo dryf, gooi die vloeistof deur ‘n sif en voeg die gebluste kalk by.
Laat 30 minute staan. Continue reading→

KWEPERKONFYT (BOTTEL KOUD)
Resep verskaf deur Monique Els
FOOD LOVERS RECIPES
1,2 kg geskilde, gerasperde kwepers
2,5 kg suiker
500 ml kookwater
Skil en rasper kwepers voordat dit geweeg word. Meng suiker en water in ‘n pot, plaas op die stoof en roer tot suiker gesmelt is.
Voeg gerasperde kwepers by en roer goed.
Kook vinnig vir 30 min en roer dikwels, maar saggies sodat dit nie aanbrand nie.
Koel af en bottel.


AUSTRALIAN BUSH CHERRY – EUGENIAKONFYT
In die pot die lekkerste konfyt Australian Bush Cherry dis baie werk want uit ‘n 1 kg kry jy maar so 700 ml konfyt en dit vat lank om al die pitte uit te haal.
700 g Bush cherries, ontpit
700 g suiker
60 ml suurlemoensap
Kook alles saam vir so 15 min. Sit af jou stoof.
Skep so 1 teelepel vol in ‘n bakkie, sit in yskas en kyk of dit stol.
Jy moet maar so elke 10 min toets want dit het baie pektien in, dit word soos ‘n jellie as dit koud is, myne so 25 min gevat tot dit klaar was.
Geniet dit – dis heerlik op roomys ‘n wafel of topping vir ‘n kaaskoek en moenie vergeet van ‘n stukkie toast.
BRON – Anita Groenewald Olderwagen
Jacqui Conradie – Anita Groenewald Olderwagen ek het die agterkant van hekelpen gebruik om die pit van die stingelkant af uit te druk. dv. Môre is dit ek en konfyt kook.
You cannot copy content of this page
