MIKROGOLF DRUIWEKONFYT
1 kg Druiwekorrels
75 ml Water
50 ml Suurlemoensap
Bedek die bak en mikrogolf dit 10-12 min op 100% krag
Voeg nou 750 g suiker by en roer tot die suiker opgelos is
Mikrogolf nou 20-25 min “onbedek” op 100% krag tot die regte dikte
Laat die kofyt 5 min afkoel bottel en verseël!!!!”
Resep: Cindy Mossop
Foto: Louise Du Toit Coetzee









Hierdie was my 2de probeerslag met konfyt kook en dit was heeeeerlik! Ek sal volgende keer net bietjie minder suiker gebruik want dit is vir my bietjie te soet. Maar die kinders is mal daaroor!!!