
MOSKONFYT
Ryp soet druiwe
10 ml gebluste kalk per 5 liter druiwesap
Trek die stingels van die druiwekorrels af, plaas die korrels in ‘n groot bak en druk hulle fyn.
Bedek die bak en laat eenkant staan tot die druiwe gis, wat ‘n paar dae kan duur.
Wag tot die doppe bo dryf, gooi die vloeistof deur ‘n sif en voeg die gebluste kalk by.
Laat 30 minute staan.
Skep die skuim van die sap af en syg die sap deur.
Verhit die sap tot kookpunt in ‘n groot swaarboom kastrol en syg dit weer deur.
Gooi die sap terug in kastrol en kook weer vinnig.
Skep die skuim af indien nodig.
Toets vir stolpunt.
Die moskonfyt behoort die tekstuur van dik stroop te hê.
Gooi die konfyt in warm droe gesteriliseerde flesse and verseël dit onmiddelik.






