DIT IS parstyd en niemand weet dit beter as Annalene Niemand van die Kleinplasie Museum op Worcester nie.
Ongeveer 5 tot 10 liter mos na gelang van die grootte van die pot beskikbaar in ‘n pot totdat dit halfvol is.
Meng sowat ‘n halwe teelepel gebluste kalk met ‘n bietjie mos totdat dit goed opgelos is en gooi by die mos in die pot.
Kook die mos vinnig. Terwyl dit kook, moet dit voortdurend geroer word en kan die skuim afgeskep word. Pasop vir oorkook, dit gebeur maklik. Dit moet baie lank kook totdat ‘n mens vind dat dit minder begin opkook. Die kleur moet ook sterk donker raak. Om te toets skep ‘n mens ‘n bietjie uit op ‘n piering en laat dit koud word. As dit die vloeibaarheid van heuning het as dit koud is, is dit reg. Moskonfyt kan ook tydens die kookproses gegeur word deur een van die volgende bestanddele in ‘n moeseliensakkie saam met die mos te gooi:
‘n stuk heel gemmer, anys, vyeblare of suurlemoenblare. Skep die konfyt in glas- of emaljehouers uit en gee die onsuiwerhede so twee tot drie dae om af te sak. Gooi nou oor in bottels met skroefdoppe om in te bêre