Ingredients
2 lbs tomatillos
2 3/4 cups white sugar
2 cups water (or less, just use enough so the bottom of the pan is covered, add more as needed)
8 Tbs lime juice
rind of 2 limes, chopped (try to get mostly the green of the rind, not a lot of the white)
pinch of salt Continue reading
Category Archives: Konfyt / Jam
JOHAN SE HEEL VYE KONFYT
Bottel baie warm. Ek gebruik pond vir pond kook tot mooi deurskynend gooi dan metta by dat dit kleur kan behou dan gooi ek bietjie suurlemoensap by om sandsuiker te voorkom en kook tot stroop regte dikte het. Dit is ń kuns om te verhoed dat vye stukkend kook maar met tyd leer mens dit.
Metta word by wyn gegooi dat dit sy kleur kan behou. Ek skil net die vye en kook dit.
kry metta sommer by die wynmaker of nog makliker sê jou apteker wat jy soek maar jy moet bitter min gebruik ek vat so mespuntjie op 5 kg vrugte
Resep: Johan Coetzee
GROEN VYEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
GROEN VYEKONFYT IN DIE MIKROGOLF
500 g groen vye
1 liter koue water
5 ml kalk
1 liter kookwater
2 vye blare
625 ml wit suiker
10 ml suurlemoensap
1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel of vars skywe gemmer Continue reading
BILTONGKONFYT


BILTONGKONFYT
250 ml fyn biltong
250 ml lemoensap
250 ml kweperjellie
2 ml fyn koljander
2 ml fyn vinkelsaad
30 ml bruinsuiker
Meng al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
Laat oor ‘n matige hitte prut tot mengsel begin dik word.
Moenie te lank laat prut nie, want wanneer afgekoel, moet dit soos dik stroop lyk.
Skep in fles en laat afkoel.
Heerlik saam met tuisgebakte brood en braaivleis.
Resep is genoeg om 500 ml konfyt te maak.
Resep geplaas deur: Bennie Geustyn (sy ma se resep)
Algemene foute by konfyt en die oorsake daarvan

Algemene foute by konfyt en die oorsake daarvan.
Konfyt te donker gekook:
Te lank en te stadig gekook. Te vining gekook gedurende finale stadium. Kookproses vertraag omdat kooksel te groot is.
Stukke verkrimp:
Groen of verlepte vrugte. Stroop te dik aan begin van kookproses. Te vining gekook sodat stroop dik is voordat sap in vrugtestukke deur stroop vervang is.
Pap of stukkend:
Oorryp vrugte. Stroop te dun aan begin van kooktydperk, gevolglik moet die konfyt te lank gekook word voordat die stroop dik genog is.
Hard en taai:
Stroop te dik aan begin. Te vinng gekook sodat stroop te vining dik geword het en nie behoorlik kon indring nie. Te lank gekook nadat konfytstaduim bereik is.
Versuiker (sandsuiker):
Suikerkonsentrasie te hoog. Soet vrugte sonder byvoeging van suur gekook. Te veel geroer, veral toe konfytstaduim reeds bereik is. Flesse nie onmiddellik en toegeskroef nie.
Skimmel:
Flesse nie dig verseël nie, veral in vogtige klimaat groei skimmel geredelik. Nie lank genoeg gekook nie, dus nie deur gekonfyt nie.
Gis:
Flesse nie warm verseëlnie, dus nielugdig nie. Te min gekook. Gissing tree in sodra dit oopgemak word.
Aangehaal uit: Boek Voedselpreservering eerste uitgawe Department van nasionale ovoeding.Bl 54.
RABARBER JELLIE EN KONFYT
Rabarber Jellie
1 kg rhubarb, onthaar
300 ml water of appelsap
225 g suiker
2 teelepels gerasperde leomoenskil
1 teelepel kaneel opsioneel
2 sakkies gelatien gesmelt
Sny rabarber in stukkies voeg saam in pot met suiker en water kook tot sag
Maak rabarber mengsel fyn in voedselverwerker en voeg lemoenskil by
Laat weer opkook gooi in gesterliseerde flesse en draai styf toe Continue reading
Vyekonfyt
RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT
RIANA SE MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT
Hierdied appelkooskonfyt kook pragtig .. probeer gerus
1 kg appelkose. Breek die appelkose oop en haal die pitte uit.
Gebruik groot genoeg glas bak sit die appelkose daarin.
Sprinkel suurlemoensap oor en mikrogolf vir 8 minute.
Voeg 1 kg suiker by en roer goed deur.
Met bak oop, mikrogolf (100% krag) vir 30 minute.
Roer weer goed deur. Mikrogolf vir nog 10 minute.
Bottel warm.
Oja, ek gooi altyd paar pitte in. As konfyt koud is, is dit erg lekker om af te suig!
BRON – Riana Heyns
FOTO: Petre Van Jaarsveld
PAPAJASTUKKONFYT
PAPAJASTUKKONFYT
Sny halfryp papajas wat pas geel is maar nog styf is, in skywe op.
Skil en ontpit die skywe en sny dit in groterige blokkies op.
WEEG die hoeveelheid blokkies af.
Prik die blokkies en laat dit oornag lê in ‘n oplossing van 25 ml gebluste kalk (Lime) per 5 liter water.
Roer goed en laat die kalk afsak.
Gebruik net die skoon kalkwater en gooi die afsaksel weg.
Sit die blokkies papaja in die skoon kalkwater en laat staan vir 12 uur -of oornag. Continue reading









